Affies
@AHS1920
Followers
6K
Following
2
Media
586
Statuses
4K
Amptelike Twitter-blad van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.
Lynnwoodweg 1, Pretoria
Joined December 2011
AFFIE-HOKKIE Die hokkie-seuns maak reg om hierdie naweek onder beperkings te begin deelneem. Gistermiddag was dit die o/14B-span se voorreg om op die skool se mini-astro te oefen vir hul komende wedstryd teen KES in Johannesburg. #LaatDaarLigWees
@AFGRI1
1
1
16
AFFIE-RUGBY Die Witbulle het vanaand die NoordSuid Toernooi op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n taai wen van 31 - 26 teen Welkom Gimnasium op die A-veld. Ons groot dank aan almal wat by hierdie toernooi betrokke was.
0
0
26
AFFIE-RUGBY Die eerste span het Vrydagaand met 19-7 teen Hoërskool Noord-Kaap, in die eerste wedstryd sedert die inperking, gewen. Die tweede span het vroeër in die dag teen Hoërskool Monument High 'n taai wedstryd met 21-24 gewen nadat hulle teen halftyd 21-5 agter was.
0
2
19
Die 1ste span speel môre om 17:30 teen Hoërskool Noord-Kaap tydens Hoërskool Monument High se Eeufees-toernooi. Ongelukkig kan geen toeskouers toegelaat word nie, Die wedstryde word regstreeks op https://t.co/75DhOBusp3 teen betaling uitgesaai.
0
1
8
AFFIE-LEEFSTYL Die eerste Mentorskapsessie van die jaar is vanaand op die A-veld aangebied. Hier kon vanjaar se graad 8`s weer bietjie die geleentheid kry om meer oor Affie-wees by hul meesters te leer. #LaatDaarLigWees
0
1
21
AFFIE-LEEFWYSE Vrydae word gewoonlik met saalopening gepaard gegaan. Hierdie tradisie word vanjaar, soos talle ander, op 'n nuwe wyse op die paviljoen voortgesit. Vandag is daar ook hulde aan me. Magriet Malan gebring. Affies gaan haar mis. #LaatDaarLigWees
0
0
18
GRAAD 8`S VAN 2021 Die jaarlikse inhuldiging is gisteraand op die A-veld aangebied. Die graad 8`s het soos gebruiklik 'n erekode ontvang en die meesters het hul pette op hul koppe geplaas. Daarna is verskeie liedere gesing en met die skoollied afgesluit. #LaatDaarLigWees
0
1
32
AFFIE-KRIEKET Affies loods vanjaar, in vennootskap met Elite Krieketinstituut, ’n krieketakademie vir alle Affies en voornemende Affies. Die aangehegde registrasievorm moet aan ryno@elitecric.co.za gestuur word om ‘n plek vir u seun te verseker. https://t.co/zP3solCXmZ
0
1
6
AFFIE-SWEM Die sweminterhuis vind vandag sonder toeskouers of ouers in die skool se swembad plaas. #LaatDaarLigWees
0
0
10
MATRIEKS 2020 Die 277 matrieks van 2020 kon vanoggend hul rapporte by die skool kom afhaal. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is. Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%.
0
3
24
AFFIE-RUGBY Lees gerus hierdie rugby-staaltjie oor 'n ongewone daad van sportmanskap deur 'n Affie. https://t.co/09JfM6hM3i
0
0
5
AFFIE-ATLETIEK Die jaarlikse huissport, saam met ons susters van @AffieMeisies vind vandag onder streng COVID-19-regulasies en sonder enige toeskouers plaas. Ten spyte van die stil pawiljoene is dit heerlik om al die atlete te sien deelneem. @AFGRI1
0
1
24
AFFIE-GHOLF Christiaan Maas (gr. 12) speel Vry 19 Feb in die finaal van die SA Amateur Kampioenskap. Die laaste Affie-speler wat hierdie titel kon wen was George Coetzee in 2005. Die wedstryd-tellings kan op die webwerf van Golf RSA gevolg word. Afslaan 7:30 #LaatDaarLigWees
0
0
13
AFFIE-HOKKIE Die Witstokke-oefengroep het vanmiddag vir die eerste keer die stof van die mini-astro afgespeel. #Hokkie2021
@AFGRI1
0
0
10
Eerste skooldag vir die graad 8`s Die penkoppe ervaar vandag hul eerste volwaardige skooldag op die Affie-plaas. Die belangrikste taak vir enige graad 8 op die eerste skooldag is om die tradisies te bewaar en te keer dat die skool se ou geboue inmekaarval. #LaatDaarLigWees
0
0
23
EERSTE SKOOLDAG 'n Hartlike woord van dank aan ons borg, @AFGRI1, wat op die eerste dag van skool (vir die gr. 9`s 11`s en 12`s) aan elke leerling 'n geskenk met skryfbehoeftes gegee het. #LaatDaarLigWees
0
0
12