Netwerk24Sport Profile Banner
Netwerk24 Sport Profile
Netwerk24 Sport

@Netwerk24Sport

Followers
8K
Following
211
Media
43K
Statuses
83K

Volg ons om al die jongste sportnuus van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport te kry. Besoek ons webtuiste by: http://t.co/Bvygm7JMB9

Joined February 2011
Don't wanna be here? Send us removal request.
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
3 hours
In ’n bra eensydige affêre wat as die Battle of the Sexes gedoop is, het die Australiër Nick Kyrgios Sondag Aryna Sabalenka van Belarus in die Coca-Cola-arena in Dubai met 6-3, 6-3 slae gegee. https://t.co/EKIYaVELvW
Tweet card summary image
netwerk24.com
Dis duidelik dat beroepsmans en beroepsvroue op die tennisbaan nie op gelyke voet kan meeding nie.
0
0
1
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
4 hours
Suid-Afrika en Zimbabwe het ’n ryke geskiedenis op die sokkerveld en die nuutste hoofstuk in dié sage word Maandag in Marrakesj in Marokko uitgespeel wanneer die spanne in ’n belangrike Afrikabeker-groepwedstryd mekaar die stryd aansê. https://t.co/lLN9iB2bAz
Tweet card summary image
netwerk24.com
Bafana kan nie bekostig om Zimbabwe te onderskat wanneer dié spanne in ’n Afrikabeker-stryd speel nie.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
7 hours
Dit het Matt Page, hoofbaanopsigter op die MCG, diep geskok om die slagting in die vierde toets in dié stadion te aanskou, met Krieket Australië (CA) wat nou deur groot finansiële implikasies in die gesig gestaar word. https://t.co/HAAtHKIfbI
Tweet card summary image
netwerk24.com
Reeds op die eerste dag, met meer as 90 000 toeskouers teenwoordig, het 20 paaltjies gekantel.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
10 hours
Indien die “versterkte” Bulle Saterdag ook nie die pyp kan rook teen die onoorwonne Stormers in Kaapstad nie, kan dit hul kanse verder bemoeilik om vir die uitspeelrondes van dié seisoen se Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) te kwalifiseer. https://t.co/BJeB4bdCFv
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die kragmeting in die DHL-stadion sal om verskeie redes in die kollig wees.
0
0
1
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
12 hours
’n Afrigter van die Spaanse sokkerklub Valencia en drie van sy kinders is dood nadat die boot waarop hulle gevaar het, omgeslaan het. https://t.co/qJgtaP5KD6
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Spaanse sokkerklub Valencia het ’n afrigter aan die dood afgestaan.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
14 hours
Arsenal het goed gereageer op die druk wat Manchester City op die Engelse Premierliga-puntelys op hom uitgeoefen het deur Brighton Saterag met 2-1 te klop. https://t.co/68b8gR5x2E
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Gunners is steeds die Premierliga-pasaangeërs ondanks druk van Manchester City se sterre.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
16 hours
Ben Stokes en Steve Smith het Saterdag saamgestem dat ’n toetswedstryd wat binne twee dae eindig “nie iets is wat jy wil hê nie”, en het by sommige van die grootste name in die spel aangesluit wat die toestand van die MCG aangeval het. https://t.co/kJgNGOZoSj
Tweet card summary image
netwerk24.com
Ben Stokes en Steve Smith het Saterdag saamgestem dat ’n toetswedstryd wat binne twee dae eindig “nie iets is wat jy wil hê nie”, en het by sommige van die grootste name in die spel aangesluit wat...
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
1 day
“Sien bal, slaan bal.” Dis ’n filosofie wat Sunrisers Eastern Cape se Jordan Hermann Saterdag op Bolandpark ten volle uitgeleef het in sy span se wegholsege met 137 lopies oor die Paarl Royals in die SA20-krieketreeks. https://t.co/j7xLYU35oR
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Sunrisers Eastern Cape het Saterdagaand op Bolandpark die tuisspan, Paarl Royals, in die SA20-krieketreeks met 137 lopies verneder.
0
0
1
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
1 day
Jerome Damon, een van die eerste mense in Afrika wat opgelei is as ’n video-assistentskeidsregter-instrukteur, sê die twee kritieke beslissings in die groepwedstryd tussen Suid-Afrika en Egipte in die Afrikabeker-toernooi in Marokko, was in die kol. https://t.co/fJjYZze22f
Tweet card summary image
netwerk24.com
Jerome Damon, een van Afrika se eerste video-assistentskeidsregter-instrukteurs, sê die “moeilike besluite” in die stryd tussen Suid-Afrika en Egipte was albei die regte beslissings.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
1 day
Die Joburg Super Kings, met ’n skitterende Duan Jansen aan die spits, het Saterdag hul deelname aan die nuwe seisoen se SA20-krieketreeks met ’n sege in hul Jukskei-derby teen Pretoria Capitals begin. https://t.co/aBKyapgiMr
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Joburg Super Kings het Saterdag die Pretoria Capitals met 22 lopies op SuperSportpark in Centurion geklop.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
1 day
Met minstens drie skrumskakels wat deesdae voor Faf de Klerk in die ry staan om die Springbokke se 9-trui oor die kop te trek, kon dié oudleerling van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria se jongste besering sekerlik nie op ’n slegter tyd gekom het nie. https://t.co/RYpc5uwitw
Tweet card summary image
netwerk24.com
Dit is die derde agtereenvolgende seisoen dat hy ’n besering opdoen.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
1 day
Aryna Sabalenka en Nick Kyrgios sal Sondagaand in die “Battle of the Sexes” kragte meet, maar die enigste ooreenkoms tussen dié vertoonwedstryd in Dubai en die geskiedkundige wedstryd van 1973 is die naam, sê Billie Jean King. https://t.co/f6Y5CPC8B7
Tweet card summary image
netwerk24.com
Aryna Sabalenka en Nick Kyrgios sal Sondag in die “Battle of the Sexes” kragte meet, maar die enigste ooreenkoms tussen dié skouspel in Dubai en die geskiedkundige wedstryd van 1973 is die naam, sê...
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Ruben Amorim het toegegee dat Manchester United gelukkig was om Newcastle Vrydag met 1-0 te klop, maar het gesê sy span wat nie op volle sterkte is nie, het indrukwekkende gees getoon om ’n aanslag in die tweede helfte te weerstaan. https://t.co/f2mcrKAzxz
Tweet card summary image
netwerk24.com
Ruben Amorim het toegegee dat Manchester United gelukkig was om Newcastle Vrydag met 1-0 te klop, maar het gesê sy span wat nie op volle sterkte is nie, het indrukwekkende gees getoon om ’n aanslag...
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Engeland het Saterdag die vierde toets teen Australië reeds op die tweede dag beklink, maar nie almal ingenome daarmee dat toetswedstryde in dié reeks om die As nie die volle vyf dae duur nie. https://t.co/wyGL9eDC4G
Tweet card summary image
netwerk24.com
Dit is die eerste keer in 15 jaar dat die Engelse ’n toets Doer Onder kon wen.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
’n Erg teleurgestelde Hugo Broos, afrigter van Bafana Bafana, het niks teruggehou toe hy Vrydagaand ná sy span se nederlaag teen Egipte in die Afrikabeker-toernooi met verslaggewers gesels het nie. https://t.co/fP4QN97ADa
Tweet card summary image
netwerk24.com
Hugo Broos, afrigter van Bafana Bafana, het sterk uitgevaar teen die skeidsregter ná sy span se nederlaag teen Egipte in Marokko.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Die Ospreys kon hul posisie op die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) se puntelys minstens tydelik ietwat verstewig in ’n kelderverdieping-stryd teen Scarlets in Llanelli. https://t.co/FRFVooHles
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Ospreys kon hul posisie op die Verenigde Rugbykampioenskap se puntelys minstens tydelik ietwat verstewig in ’n kelderverdieping-stryd teen Scarlets in Llanelli.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Kranige en gewilde sportlui, waaronder die Springbokke Jan Boland Coetzee, Cornal Hendricks en Dawie Snyman, tel onder sportbekendes wat in 2025 oorlede is. Hier is 'n sterftelys, wat deur die gevierde oud-sportjoernalis Herman le Roux saamgestel is: https://t.co/k0HiDdeaDw
Tweet card summary image
netwerk24.com
Verskeie oud-Springbokke tel onder die bekende sportlui wat in 2025 oorlede is.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Desondanks die hoë verwagtings wat van Dewald Brevis gekoester word in die nuwe seisoen van die SA20-krieketreeks, fokus dié sterkolwer net op dít wat hy kan beheer. https://t.co/NlUBFTY3XP
Tweet card summary image
netwerk24.com
Die Pretoria Capitals se eerste wedstryd in die vierde SA20-reeks is Saterdag teen die Joburg Super Kings.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Nie eens Ryan Rickelton se honderdtal kon MI Cape Town Vrydagaand in die Moederstad in sy SA20-kragmeting met Durban’s Super Giants (DSG) red nie. https://t.co/V3bItKMV4l
Tweet card summary image
netwerk24.com
Nie eens Ryan Rickelton se honderdtal kon MI Cape Town Vrydagaand in die Moederstad in sy SA20-kragmeting met Durban’s Super Giants (DSG) red nie.
0
0
0
@Netwerk24Sport
Netwerk24 Sport
2 days
Bafana Bafana het Vrydag in die Adrar-stadion in Agadir, Marokko, waardevolle punte weggegooi in ’n drama-belaaide groepwedstryd in die Afrikabeker-sokkertoernooi teen Egipte. https://t.co/GxW3Zn0yMB
Tweet card summary image
netwerk24.com
Bafana Bafana het Vrydag ’n goue kans deur hul vingers laat glip om Egipte in die Afrikabeker-toernooi te klop, maar moes uiteindelik ’n nederlaag sluk.
0
0
0