ATKVSA Profile Banner
ATKV Profile
ATKV

@ATKVSA

Followers
18K
Following
1K
Media
5K
Statuses
17K

Twiet jou vere los! Kom gesels met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging: hier's hope jêm vir gladdebekke.

Joined October 2011
Don't wanna be here? Send us removal request.
@ATKVSA
ATKV
4 hours
Die wenners van ATKV-Digi-Idiome 2025 is bekend! Van graad 4’s tot volwassenes het hul kennis van Afrikaanse idiome en sêgoed digitaal getoets, en die resultate wys dat Afrikaans se skatkis van gesegdes springlewendig bly. Geluk aan die wenners. https://t.co/CCzvvQVvXo #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Die wenners van ATKV-Digi-Idiome 2025 is bekend!
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
10 hours
ATKV-DigiSpel het vanjaar twee keer vir spelboffins die geleentheid gegee om hul spelvernuf te toets en ten toon te stel. Die wenners van die tweede kompetisie van 2025 is bekend – baie geluk! Lees hier meer: https://t.co/fIWXrD6o8F #Afrikaans #DigiSpel #spelling
Tweet card summary image
atkv.org.za
Die tweede groep wenners van ATKV-DigiSpel 2025 is nou bekend.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
4 days
In die finale episode van Gekies vir die Kollig met 15% van die finale punt op die spel, moet elke deelnemer ’n kragtige video skep wat hul ervaring laat sprankel. Wie sal met die trofee wegstap? Skakel op Woensdag 26 Nov om 18:00 op VIA in. https://t.co/JWuTHDI7gm #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Die finale episode van Gekies vir die Kollig bring ’n opwindende uitdaging vol storievertelling en kreatiwiteit. Skakel op 26 November om 18:00 op VIA in.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
5 days
In episode 5 van Gekies vir die Kollig word die finaliste uitgedaag om hul ATKV-ervaring in 60 sekondes te vertel. Skakel in op Woensdag 26 November om 18:00 op VIA en beleef hoe hulle hul invloed en storievertelling gebruik om op sosiale media uit te staan. #Afrikaans
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
5 days
Magdaleen Kruger, Max du Preez, Hein Willemse en Philip de Vos is by die ATKV-Prestigetoekennings met commendatio’s geloof vir hul buitengewone bydraes tot die Afrikaanse taal- en kultuurlandskap. Lees hier meer: https://t.co/16J3GAqtDK #Afrikaans #ATKV #prestige #toekennings
Tweet card summary image
atkv.org.za
Tydens die onlangse ATKV-Prestigetoekenningsgeleentheid is vier uitsonderlike Suid-Afrikaners vereer.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
6 days
Die M&M-musiekakademie, ’n houermaatskappy van Kwena Music, se borgskap sal opkomende kunstenaars wat volgende jaar aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram deelneem deur o.m. werkswinkels, vertonings en samewerkende projekte bemagtig. https://t.co/YqNTQeOWca #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Danksy ’n ruim borgskap van die M&M-musiekakademie, ’n houermaatskappy van Kwena Music, sal kunstenaars wat in 2026 aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram deelneem onder meer die geleentheid kry om...
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
7 days
Die nuwe ATKV-AbbAsorg-sentrum in Cloetesville se doel: om ’n beter lewe vir kinders te skep. Johanna Vermaak se visie het ná jare gestalte gekry met die hulp van Breadline Africa, die ATKV en verskeie vennote wat in VKO glo. https://t.co/NMyAN8tK8m #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Die ATKV-AbbAsorg-sentrum in Cloetesville is die resultaat van jare se samewerking, geloof en volharding om aan jong kinders ’n veilige leerplek te gee.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
7 days
Die ATKV en die Suidoosterfees bied weer in 2026 die ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie vir Wes-Kaapse amateurkore aan met dié opwindende koorkompetisie op 3 Mei 2026. Inskrywings sluit 9 Maart 2026, of sodra die kapasiteit bereik is. https://t.co/h3iNQQJSLO #Afrikaans
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
11 days
Is jy nog op soek na die perfekte Kersgeskenk? Jou soektog stop hier! Die ATKV se interaktiewe idiome-bordspeletjie, Meer bek as binnegoed, is die ideale geskenk om saam met vriende en familie in hierdie feestyd te geniet. Bestelvorm: https://t.co/aT9yBcrypD #Afrikaans
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
11 days
In episode 4 van Gekies vir die Kollig trek span Lindsey Abrahams hul mees persoonlike werk nóg in met snydende simboliek en nuwe perspektiewe. Moenie hierdie episode misloop nie – skakel op Woensdag 19 November om 18:00 op VIA in. https://t.co/3pacypEoZD #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Episode 4 van Gekies vir die Kollig bring simboliek en nuwe perspektiewe na vore. Skakel op Woensdag 19 November 2025 om 18:00 op VIA in.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
12 days
Gekies vir die Kollig se magneetveld trek jou al dieper in – en in episode 4 bring Lindsey Abrahams se span snydende simboliek. Skakel in op Woensdag 19 November om 18:00 op VIA vir ’n episode waar eerlikheid, simboliek en sensitiwiteit saamvloei. #Afrikaans #DigiToneel
0
1
0
@ATKVSA
ATKV
13 days
Die wenners van die tweede ATKV-DigiVoordrag is bekend! Hierdie kompetisie bied ’n platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel. Lees hier wie met die louere weggestap het: https://t.co/vR9JqLAPVx #Afrikaans #voordrag
Tweet card summary image
atkv.org.za
ATKV-DigiVoordrag 2025 se wenners is bekend!
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
14 days
Die ATKV-tak Drostdy se Karnaval van Eenhonderd Woorde het die dorp se strate laat sing van kleur, musiek en taalvreugde. Elke deelnemer het ’n Afrikaanse woord kreatief uitgebeeld – van “poenskop” tot “sompompie”! https://t.co/o4Oz8ScFqH #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Swellendam het oorgeloop van kleur en kreatiwiteit tydens die ATKV-tak Drostdy se unieke Karnaval van Eenhonderd Woorde.
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
19 days
Gekies vir die Kollig is terug met seisoen vyf, en episode 3 bring ’n nuwe golf van intensiteit met Hannah Borthwick se span wat hul stempel afdruk. Skakel in op Woensdag 12 November om 18:00 op VIA vir ’n episode vol vrae, oudisies en emosionele reise. #Afrikaans #DigiToneel
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
20 days
Een gelukkige deelnemer het die kans gekry om ’n R5 000-kontantprys in ons Gekies vir die Kollig-kykerskompetisie los te slaan deur ’n eenvoudige vraag te beantwoord. Baie geluk aan Ansoné van Geest – jy is die wenner! Dankie aan elke deelnemer wat ingeskryf het. #Afrikaans
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
21 days
Hier is die onderwerpe vir die ATKV-Debatskompetisie 2026. Sterkte aan elke span. Ons sien uit na goeie debatsgesprekke! #Afrikaans #debat #kultuur #ATKV #projekte
0
0
0
@ATKVSA
ATKV
27 days
Droom jy daarvan om jou eie musiek te skryf & te deel? Skryf jou oorspronklike liedjie voor 31 Des 2025 in vir die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram en staan ’n kans om deel te wees van ’n intensiewe musiekreis saam met van SA se topkunstenaars. https://t.co/suxlcTUDCk #Afrikaans
Tweet card summary image
atkv.org.za
Skryf vandag nog in vir die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram 2026!
0
0
1
@ATKVSA
ATKV
28 days
Lede kan vanaf 1 November 2025 hul besprekings vir die skoolvakansie in Desember 2026 by enigeen van ons sewe ATKV-oorde maak. Skakel ons vanaf 1 November 2025 en bespreek u gesinsvriendelike wegbreek by een van ons sewe pragoorde. https://t.co/fk5MScn4m0 #Afrikaans
0
0
1
@ATKVSA
ATKV
28 days
Die temas vir ATKV-Redenaars 2026 is bekend! Begin nou al skryf aan jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag op die grootste platform vir raakpraters in Suid-Afrika en Namibië! Klik hier vir die onderwerpe: https://t.co/xFCnMWZP9o #Afrikaans #temas #redenaars #ATKV
Tweet card summary image
atkv.org.za
ATKV-Redenaars 2026 se temas is aangekondig!
0
0
1
@ATKVSA
ATKV
1 month
ATKV-Applous bied op 15 November 2025 ’n inligtingsessie by die Laerskool Nelspruit aan, vanaf 8:30 vir 9:00 tot 13:00. Bywoning is gratis en verversings sal bedien word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Nov. Registrasievorm: https://t.co/j55agoObZ9 #Afrikaans #koor #choir
0
0
1
@_GenesisSystems
Genesis Systems
4 days
10 gallons a day. Zero infrastructure. Meet the WaterCube 10: the future of off-grid water.
5
8
58