RadioLaeveld Profile Banner
100.5fm Profile
100.5fm

@RadioLaeveld

Followers
2K
Following
518
Media
545
Statuses
5K

As dit in die Laeveld gebeur is dit op 100.5fm Radio Laeveld. 100.5% Familie Radio.

Nelspruit, Mpu, Suid Afrika
Joined August 2009
Don't wanna be here? Send us removal request.
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die borgaansoek van 7 vermeende #transitorowers wat aangekla word in verband met ‘n roof op 11 Augustus naby #Malalane, kon nie gister in die Tonga-hof voortgaan nie weens #beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het. Die saak is uitgestel tot die 21ste. https://t.co/KivdLBetlY
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
'n Man (47) en vrou (39) van die #VSA is Donderdag op pad na die #Krugerwildtuin ontvoer en beroof. Die FBI het met die ondersoek gehelp en 'n verdagte is vasgetrek. Weens die sensitiwiteit van die ondersoek kan sy naam nie tans bekendgemaak word nie. https://t.co/9DdWmsFxDm
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.
1
1
1
@SANParks
SANParks
2 years
Unimpressed crowd at the Skukuza Golf Club. __ 📹Skukuza Golf Club📍#KrugerNationalPark #LiveYourWild #SANParks
6
52
278
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Witrivier het reeds 3 dae lank nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van #beurtkrag. Die dorp is vroeër kwytgestel weens 'n ooreenkoms tussen Sonae Arauco, en #Mbombela. Eskom het egter nou geappèlleer teen 'n hofbevel. https://t.co/AelJVPCUR6
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die borgaansoek van 7 mense wat aangekla word weens 'n #transitoroof wat op 11 Augustus naby #Malalane uitgevoer is, is tot môre in die Tonga-hof uitgestel. Onder die aangeklaagdes is 3 beamptes van die Witrivier-blitspatrollie, wat intussen ontbind is. https://t.co/52JGZ0aSoJ
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die polisie in #Komatipoort ondersoek 'n saak van #dieseldiefstal ná meer as 32 000 liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor. Oplettende polisiebeamptes het JoJo-tenks langs die N4 in Hectorspruit opgemerk en by ondersoek bepaal hulle bevat diesel. https://t.co/viWwKrBxk3
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Bly ingeskakel op 100.5FM vir nuus uit die Laeveld.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Drie verdagtes Verskyn vandag in die #Baberton-hof op aanklag van moord. Volgens die polisie is 'n man van #eSwatini in die vroeë oggendure van Saterdag dood aangetref. Die voorval het vermoedelik deur 'n argument oor alkohol ontstaan.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die multi-miljoenrand #N4 #Montrose-wisselaar is vanoggend amptelik deur die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, geopen. Die R216 miljoen projek is op 23 Augustus in gebruik geneem. https://t.co/gtW7OKNa0t
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
'n Man is gisteraand in Louw’s Creek gearresteer in verband met die #moord Woensdagoggend op 'n vrou in die #middestad van #Mbombela. Die 36-jarige vrou was na vermoede swanger. https://t.co/J0pFVqloMm
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die borgaansoek van sewe mense wat aangekla word in verband met ‘n #transitoroof wat op 11 Augustus naby #Malalane uitgevoer is, is uitgestel tot Maandag in die Tonga-landdroshof. Die beskuldigdes bly in aanhouding.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
'n Gru-ongeluk op die #N4 #Schoemanskloof het vanoggend 'n #vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens Emer-G-Med het twee vragmotors teen mekaar gebots. Die een het omgekeer en die bestuurder is kritiek beseer. https://t.co/VWt3e3OGf3
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Bly ingeskakel op 100.5FM vir nuus uit die Laeveld.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
'n #Wyksraadslid van #Mbombela sal na verwagting môre formeel vir borgtog aansoek doen. Mandla Siboza is op 4 September in hegtenis geneem op ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging. Hy het na bewering hangslotte en deure by 'n sekondêre skool in #Pienaar beskadig.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
'n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kg #heroïen by die #Lebombo-grenspos in hegtenis geneem. 'n Buitelandse burger sal ook vandag in die #Komatipoort-hof verskyn weens vervalste tekkies met 'n geraamde straatwaarde van R4,5 miljoen.
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Pront en plaaslik: Bly ingeskakel op 100.5FM vir nuus uit die Laeveld.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
’n #Ongeluk waarby twee sedans op die #N4-tolpad naby Vosman in Emalaheni betrokke was, het vanoggend vroeg die lewens van ses mense geëis. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het die een van agter teen die ander gebots. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Die maan was gisteraand nie net 'n blou maan nie, maar ook 'n supermaan.
@SANParks
SANParks
2 years
Last night was a special one on all of our webcams. 🌚🌝 #LiveYourWild #SANParks #nature
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Twee mans en 'n vrou is vanoggend dood in 'n #ongeluk op die #R40 in #Nelspruit toe twee taxi's gebots en omgeslaan het. Al drie slagoffers was passasiers. Verskeie insittendes is ook beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
‘n Mosambiekse burger is tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy met ‘n jaggeweer in die #Krugerwildtuin betrap is. Thomas Yingwana (35) het ook die land en park onwettig betree. Hy het skuldig gepleit op die aanklagte en is Donderdag deur die #Skukuza-hof gevonnis.
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
2 years
Sewe mense wat aangekla word i.v.m. ‘n #transitoroof naby #Malalane op 11 Augustus verskyn vandag weer in die Tonga-hof. Drie lede van die Witrivier-blitspatrollie tel onder die aangeklaagdes. https://t.co/6c9mSpAlmF
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
3 years
As die woorde: "Dinamies", "Energiek", "Kreatief", "Selfstandig" en "Avontuurlustig" deel van jou persoonlikheid beskryf dan is "JY" die persoon wat ons soek om deel van die span te word. Alle kontak besonderhede is by https://t.co/LFfcgS92L6 beskikbaar. #TrotsLaeveld
0
0
0
@RadioLaeveld
100.5fm
3 years
Die 18de nasionale Parkeweek bied gratis ingang by die Krugerwildtuin se toegangshekke van 18 tot 22 September vir Suid-Afrikaners. #parksweek https://t.co/xZaAaCjytv
Tweet card summary image
radiolaeveld.co.za
Bly ingeskakel op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.
0
0
0